Die reuk van appels

Die reuk van appels

Photos

FROM 23 OCT
TUE – FRI 8 PM | SAT 3 & 8 PM | R130 – R165
The Fugard Studio Theatre

Story

Na ‘n suksesvolle nasionale toer en uitverkoopde vertonings, keer die bekroonde Die reuk van appels terug na die Fugardteater. Die produksie is gegrond op die veelbekroonde 1993-debuutroman van die Suid-Afrikaanse skrywer, Mark Behr. Die reuk van appels is ‘n bildungsroman wat die verhaal vertel van Marnus Erasmus, die elfjarige seun van ‘n generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag. Dit beeld op meesterlike wyse die Afrikanermentaliteit in die laat sewentigerjare en vroeë tagtigerjare uit, asook die brutale gevolge van apartheid en die militansie in Suid-Afrika gedurende hierdie tydperk. 
 
Die roman en Engelse vertaling (The Smell of Apples), ook in 1993, is ‘n grensverskuiwende werk wat Behr in die geledere van jong en talentvolle skrywers soos Etienne van Heerden en Koos Prinsloo opgeneem het (Tony Eprile, New York Times). Met sy voortydige dood op 27 November 2015 was Behr ‘n professor in kreatiewe skryfwerk by die Rhodes College in Memphis, Tennessee. 


Sedert Die reuk van appels se debuut by die 2017 Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn, het die produksie se gedugte span ‘n rits teaterpryse ingepalm. Vir sy vertolking van die grootoog Marnus, is Gideon Lombard (...miskien, The View, Special Thanks to Guests from Afar, Orpheus in Africa) bekroon as Beste Akteur (KKNK 2017). In 2018 is hy ook aangewys as Beste Akteur in ‘n solo-produksie by al drie van die land se grootste teatertoekennings – die kykNET Fiësta’s, die Fleur du Cap-teatertoekennings en die Naledi-teatertoekennings.

Die 2018 kykNET Fiësta’s het ook hul toppryse toegeken aan Lara Bye (YellowmanLondon RoadOscar en die Pienk TannieVaslav) as Beste Regisseur en Johann Smith vir Beste Vertaling of Verwerking van ‘n Bestaande Werk, terwyl die produksie die gesogte Beste Aanbieding vir die jaar verower het. Verskeie ander toekennings en benoemings by onder meer die Naledi-teatertoekennings, Woordfees WoordTROfees en Aardklop-toekennings onderstreep Die reuk van appels se gewildheid en status as een van die jaar se top-produksies.

Die reuk van appels word vervaardig deur Theatrerocket (Johan van der Merwe en Rudi Sadler).

Die reuk van appels word in Afrikaans aangebied met Engelse boskrifte. Let wel: die vertoning het 'n ouderdombeperking van 16 en bevat tonele met seks, naaktheid, krutaal, geweld en vooroordeel.


 


 

Following a sensational national tour and sold out performances, the multi-award winning Die reuk van appels returns to the Fugard Theatre. Adapted from the acclaimed 1993 debut novel of South African author Mark Behr, it tells the coming-of-age story of Marnus Erasmus, 11-year-old son of a South African Defence Force (SADF) general. It eloquently captures the Afrikaner mentality in the late 1970s and early 1980s and the brutal consequences of apartheid and militarisation of South African life.


Upon publication and subsequent translation into English (as The Smell of Apples) that same year, this landmark Afrikaans novel catapulted Behr into the ranks of young and talented dissident voices such as Etienne van Heerden and Koos Prinsloo (Tony Eprile, New York Times). Before his untimely death on 27 November 2015, Behr was a professor of creative writing at Rhodes College in Memphis, Tennessee.
 
Since its debut at the KKNK (2017), the production’s stellar team received a host of awards and nomination. Gideon Lombard (...miskien, The View, Special Thanks to Guests from Afar, Orpheus in Africa) was awarded Best Actor (KKNK 2017), as well as Best Actor in a Solo Performance at all three of the major South African awards – the Fleur du Cap Theatre Awards, Naledi Theatre Awards and kykNET Fiësta Awards (2018) – for his role as the hapless Marnus.

Also at the kykNET Fiësta Awards, Lara Bye (YellowmanLondon RoadOscar en die Pienk TannieVaslav) received the award for Best Director; playwright Johann Smith won the award for Best Adaption of an Existing Work while the production was awarded the coveted Best Overall Production of the Year. Several other nominations from the Naledi Theatre Awards, Woordfees WoordTROfees, Aardklop Awards and others underline the production’s wide acclaim.

Die reuk van appels is produced by Theatrerocket (Johan van der Merwe and Rudi Sadler).

Die reuk van appels is presented in Afrikaans with English surtitles. Please note: the show carries an age restriction of 16 and contains scenes with sex, nudity, strong language, violence and prejudice.

 

Reviews

★★★★★ - Rapport
Die stuk het my aangegryp en ek dink nie ek het al ooit so gehuil in ‘n toneelstuk nie. Ek kan dit net met een word beskryf: Mokerslag. - Joke Debaere, Die Burger
Gideon Lombard is net die beste akteur wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Die inhoud van die stuk is hartverskeurend. Ek het lanklaas iets so aangrypend gesien. - Jon Daamen, Die Burger
Die reuk van appels in ontroerende teater wat verpletter, en wat die staande applous – ná ‘n oomblik van verbysterende ongeloof en gehoorstomheid – verdien! - Christiaan J de Swardt, Litnet

Dates & Times

  • Dates

    23 Oct 2018 -
  • Time

    TUE – FRI 8 PM | SAT 3 & 8 PM
  • Price

    R130 – R165
  • Duration

    1 hour 30 minutes
  • Language

    Afrikaans with English surtitles

Cast & Creative

  • Cast

    • Gideon LombardMarnus Erasmus
  • Creative

    • Lara Bye Director
    • Mark Behr Author
    • Johann Smith Adaptation
    • Kosie SmitLighting Design
    • Gideon LombardSound Design
    • Johan van der MerweProducer – Theatrerocket Productions
    • Rudi SadlerProducer – Theatrerocket Productions

Twitter

Newsletter

Sign up here to keep in the loop with the latest productions that are happening at The Fugard

 

Facebook